Die !Kheis Farmers Association (KFA) het sy opregte dank en waardering uit aan Scatec, vir die ruim skenking van landbou-ondersteuningshulpbronne aan plaaslike boere in die !Kheis en Kai !Garib Munisipaliteite.
Die donasie bestaan uit 803 lusernbale, met ’n gemiddelde gewig van 28 kg elk, asook 283 sakke mielies van 50 kg elk. "Hierdie waardevolle insette sal ’n beduidende bydrae lewer tot die volhoubaarheid en uitbreiding van boerderybedrywighede in die gebied, veral te midde van uitdagende klimaat- en ekonomiese omstandighede. Die KFA beskou die vennootskap as ’n belangrike stap in die bevordering van landbou-ontwikkeling, voedselsekerheid en ekonomiese groei binne landelike gemeenskappe en sien uit na voortgesette samewerking met Scatec en LIMA tot voordeel van plaaslike boere." het Gershuan Baster, Sekretaris-Generaal van KFA, gesê.
Die skenking vorm deel van Scatec se uitreikprogram, wat daarop gemik is om opkomende -en kleinskaalse boere te ondersteun en hul produksievermoë binne die !Kheis & Kai !Garib Munisipaliteite te versterk. “Scatec is ’n hernubare-energieprojek naby Kenhardt en Groblershoop. Scatec het die LIMA Rural Development Foundation aangestel om hierdie program binne die !Kheis- en Kai !Garib Munisipaliteite te implementeer. LIMA werk in noue samewerking met KFA, wat 201 boere in die !Kheis verteenwoordig, asook ander sleutelrolspelers, om te verseker dat alle boere binne !Kheis voordeel trek uit inisiatiewe soos hierdie. Die program sal in Januarie 2026 voortgesit word,” het Baster, verduidelik. Inligting Gemsbok

Popular on Aitsa
Budgetary allocations for Lüderitz State Hospital not utilised
- one year ago
- 3622 Views
Stand-off: TotalEnergies demands key govt assurances before Venus investment
- one year ago
- 2044 Views
Cactus farming starts bearing fruit on Farm Namseb
- one year ago
- 1868 Views
Never Miss A Post!
Sign up for free and be the first to
get notified about updates.
Search
YouTube Video
Recent Post
Mother stabbed son 15 times after learning her boyfriend is married, family says
- one year ago
- 838 Views

Stryery oor stryd teen knoeiery
- one year ago
- 926 Views
More Stories
Copyright © 2026
Network Media
Hub
Network
Innovation Hub
Modal title
...